Uit die Pastoor se Pen Oujaarsboodskap -Ledig op die Markplein
Mat 20:3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
3e Uur - Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is sal ek aan julle gee.
6e, 9e Uur dieselfde
11e-Uur Wat staan julle hier die hele dag ledig?
AOV - Ledig KJV - Idle BBE - Doing Nothing Grieks - ARGOS = ONAKTIEF
Betaaltyd
Mat 20:9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang.
Mat 20:10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang.
Mat 20:11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
Mat 20:12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
- Salueer die pioeniers wat baie swaar gekry het...
- Maar dieselfde salwing en krag en loon is beskikbaar vir die arbeiders wat 11uur begin het.
Hierdie gesindheid bind die kerk se effektiwiteit eeue lank..
- Ek kom al jaaaare op die pad
- Wat gaan ek daaruit kry?
- Ou boetie ek het gehelp bou aan Helderberg
- Ek het Oom Prinsloo persoonlik geken...
- Ek is op die Kerkraad, Stigterslid, Direksie ens.
Dit gaan nie oor die betaling nie!!! – Paulus sê:
"Ek weet dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg met die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie“
By Sy wederkoms gaan al die arbeiders so oorweldig wees oor Sy Grootheid dat loon kwessies nie sal kan bestaan nie.
Die Heer se bekommernis is die ontsaglike groot werk aan die wingerd
- En soveel arbeiders staan ledig rond.
Daar is 'n dringendheid by Jesus !!!!!!!!
Mat 9:37 Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
Mat 9:38 Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
Joh 4:35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
Kom ons werk vir Jesus dit is al die 11de uur!!!